Smart (motormerk)

Smart, Böblingen
smart Fortwo
smart Fortwo cabriolet
Eko-sprinter en eko-speedster konsepte van 1993
smart Crossblade
smart Fortwo mhd cabrio (links), smart Fortwo mhd koepee (regs)

Smart (gestileer as smart)[1] is 'n Duitse motormerk en tans 'n afdeling van Daimler AG. Die maatskappy is gevestig in Böblingen, Duitsland. Dit vervaardig mikromotors en subkompakte, veral die Fortwo en Forfour. Die primêre monteeraanleg is die Smartville in Hambach, Frankryk. 'n Tweede aanleg bestaan in Novo Mesto, Slowenië. Produksie van die Fortwo, wat in 46 lande regoor die wêreld bemark word, het aan die begin van 2015 reeds 1,7 miljoen eenhede verby gesteek.

Die naam Smart is afgelei van die samewerking van die Switserse maatskappy Swatch met Mercedes-Benz: "Swatch Mercedes ART".[2] In die maatskappy se logo word "smart" met kleinletters geskryf en die 'c' en 'n pyltjie staan onderskeidelik vir 'kompak' en 'vooruit dink'.

  1. "smart: open your mind". int.smart.com (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2018. Besoek op 24 April 2020.
  2. Chang, Richard S. (30 Junie 2010). "Swatch Founder Also Gave Birth to the Smart Car". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Maart 2020. Besoek op 16 Desember 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search